Red UFO Sighting in Lydenburg

Time and date: 16 September 2015 at 19h05
Place: Lydenburg
Submitted by: Joshua and Antoinett

Report: Hi, Ons het nou al snaakse dinge in die lug gesien die laaste 2 maande maar vanaand was bitter vreemd. Dit was omtrent 19h05 (16 Sept. 2015) en daar was ‘n bloedrooi lig (bietjie groter as ‘n ster) net links onder die maan. Dit het doodstil gehang en na ‘n rukkie begin beweeg, bietjie links, dan weer stil gehang, dan weer bietjie regs, dan weer stil gehang, heen en weer…….. so het dit vir omtrent 5 minute aangegaan en eweskielik het al laer en meer wes beweeg tot ons dit nie meer kon sien nie.
Ander kere was “sterre” wat doodstil hang en dan eweskielik met ‘n spoed wegbeweeg maar hierdie was die vreemdste gesig nog. Is daar dalk nog iemand wat dit gesien het? Dit was bokant Lydenburg (Mpumalanga) wat ons die goed gesien het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *